1 Peter 2:9
But you are a chosen
generation,
a royal priesthood, a holy
nation,
His own special people,
that you may proclaim the
praises of Him
who called you out of
darkness
into His marvelous light.
Hallo!
Ons is opgewonde om jou te ontmoet!
Ons is nie seker waar jy van ons gehoor het nie, maar ons is baie bly dat jy
ons webblad kom besoek.
Dit maak nie saak of dit nuuskierigheid of iets anders is wat jou na ons
webblad toe gebring het nie, jy is hier vir ‘n rede. Dalk weet jy self nie wat die
rede is nie. Moenie komkommer nie, hier by Cuppaluv vra ons nie vir rede of
‘n opstel van motivering van drie bladsye lank, of jou familieboom (Daai een
kan nogal scary wees, vra my ek weet!) of enige kwalifikasies nie. Jy kom soos
jy is!
Ons gaan jou ook nie probeer verander, kritiseer, weggooi, label of in ‘n
boksie probeer druk nie. Jy hoef niks te doen wat jy nie wil nie, maar ons
gaan jou beslis bietjie challenge en jou comfort zone so bietjie herontwerp,
maar jy sal nie gedwing word om enige iets te doen waarmee jy nie gemaklik
voel nie.
So is jy reg…… vir ‘n nuwe avontuur?